send link to app

Senwes Graan app for iPhone and iPad


4.6 ( 256 ratings )
Productivity Finance
Developer: DANKOSPARK (PTY) LTD
Free
Current version: 2.1, last update: 6 years ago
First release : 29 Feb 2016
App size: 26.7 Mb

Die Senwes Graan toepassing (App) is spesifiek ontwikkel om relevante graanmarkinligting te alle tye toeganklik te maak vir alle rolspelers in die Suid-Afrikaanse mark. Hierdie inligting sluit daaglikse markinligting vir graan en oliesade, finansiële nuus, opgedateerde in- en uitvoerpariteit berekeninge, asook plaaslike en Internasionale weer- en reënval-kaarte in. Lewendige JSE (SAFEX) pryse vir Witmielies, Geelmielies, VSA Corn, Sonneblom, Sojabone, Koring en Sorghum met eenvoudige, dog sinvolle prysgrafieke word teen geen koste beskikbaar gestel. Pariteit indekspryse word intyds bereken om die verwagte invloed van VSA pryse en Rand/Dollar wisselkoersbewegings op die plaaslike prys te bepaal. Daaglikse in-en uitvoerpariteit berekeninge vir mielies, oliesade en koring word opdateer en beskikbaar gestel. ʼn Opsiepremie model bied aan gebruikers die geleentheid om aanduidende opsiepryse intyds te bereken. Die Pols ruimte hou jou op hoogte van die nuutste in- en uitvoersyfers, leweringsyfers, oesskattings en ander belangrike gebeure wat ʼn invloed op graanmarkpryse kan hê.

Senwes Graan toepassing - Hou jou vinger op die pols van die graanmark!